01 October 2009

Happy Birthday Daddy!

A Rainbow Cake (from the girls)
We used our normal chiffon cake recipe (wheat free, sugar free, diary free)
(note: add colouring to egg yolk mixture - defided in three - before adding stiff egg white - defided in three)

The Perfect Espresso (from CJ)

Lots and Lots of Love (from all of us!)

8 comments:

Christo Lues said...

Baie dankie my liefstes, ek het julle ongelooflik baie lief. Dankie vir AL my verrassings vanoggend.
My engel vrou, baie dankie vir jou BAIE harde werk in die huis en met al ons kinders, ek weet dis soms BAIE moelik. Ek waardeer jou en is so bly JY is my maatjie vir altyd.

Kelly-Anne said...

Happy Birthday!

Petra said...

Baie geluk, Pappa van baie! Mag jy jou gesin met wysheid aanhou lei en gesëend wees op die werksfront.
L, hoe op aarde het hulle die rëenboogkoek gemaak - dit lyk heerlik EN pragtig? Welgedaan meisies!

Linnie said...

Hi Petra
ons het ons normale koek resep na aanmaak in drie gedeel, die eerste drie kleure in elk ingemeng en in drie panne gegooi en gebak. Daarna weer 'n baksel deeg aangemaak en die laaste drie kleure in drie gelyke dele ingemeng en in drie panne gebak. Die vulsel is maaskaas en fyn gemaalde xylitol.
My normale koek het eierwit wat laaste liggies ingevou moet word, ons het die kleursel eers ingemeng nadat die eierwit ingevou is en dus het baie van die ingevoude lug ontsnap met die roer. Ons sal in die vervolg die kleursel by die eiergeel mengsel inmeng en dan laaste die eierwit invou. Sal sodoende 'n 'ligter' koek kry.
Hier is die link waar ek die idee gekry het: http://www.mycharmingkids.net/2009/09/rainbow-cake.html
Geniet dit!

Huisvrou said...

Jinne, Linnie, maar jy het 'n klomp verjaarsdae so op 'n streep!!

Jul koek lyk fantasties. Ek neem aan 'n gewone kleinbordjie was te klein??

Sal gou op Christo se blog gaan geluk sê. Mag hy nog lank vir julle almal gespaar word.

Linnie said...

Ja, Marelize, ons het 8 verjaarsdae in 4 en 'n 1/2 maande. Net ek verjaar nie in hierdie tyd nie (en ons komende babatjie).
Dankie vir jou gelukwensing!
Liefdegroete

Sonja said...

Linnie,die koek is pragtig en lyk so lekker! Jy is darem regtig n bobaas bakker! Wat is die resep vir jou koffie??? dit klink interessant!

Linnie said...

Liewe Sonja, Christo is 'n paar jaar terug geseën met 'n regte espresso masjien, omdat hy tog so lief is vir 'regte' koffie en espresso koffie en dus ook 'n Cappuccino wat net 'n espresso met skuim melk is, die gesondste koffie is wat jy kan drink. Christo het vir CJ oor die jare so mooi geleer, dat CJ op die stadium die perfekte espresso kan maak en ek kry 'n Cappuccino met geskuimde rysmelk en heuning.
Daar is net niks wat by so 'n koffie met ontbyt en na aandete met die perfekte geselskap kom nie...
Die Espresso koppies was sy verjaardag geskenk. Ek kry gewoonlik my cappuccino in 'n groter koppie, maar my organiese decaf koffiebone was op en ek het 'n klein-klein cappuccino (van Christo se koffie bone, wat nie decaf is nie) in die espresso koppie gekry.
Ek is bly jy is weer aanlyn!
Liefdegroete

Blog Widget by LinkWithin